1

LEKKER LEMON MERINGUE TERT

LEKKER LEMON MERINGUE TERT-PIEtested
LEKKER LEMON MERINGUE TERT

Bestanddele:
1 blik kondensmelk
3 groot eiers
125ml suurlemoensap (ek gebruik sap van vars suurlemoene)
125ml strooisuiker
Koekies vir kors

Metode:
Voorverhit oond tot 160 grade
Maak n kors van Koekies en gesmelte botter, druk goed vas en sit solank in yskas
Skei eiers
Klop eierwit styf
Voeg strooisuiker bietjie vir bietjie by eiwit en bly klop
Meng eiergeel met kondensmelk, en voeg dan suurlemoensap by, klop vir 1 minuut tot styf
Gooi kondensmelkmengsel oor kors
Smeer opgeklopte eierwit bo-oor
Bak vir 25 minute en laat afkoel

BRON – Elzetna De Bruin …Groot tip wat ek kan gee – is as dit moontlik is gebruik vars gepersde suurlemoensap (sonder pitte) dit proe net beter as die bottel suurlemoensap

Tweede foto deur Liesel Burger