BOELIEBEEF POFFERTJIES
My persoonlike chef is besig om boeliebief poffertjies te maak en dit was baaaaaaie lekker
Meng eers
1 blikkie boeliebeef
1 gerasperde ui
bietjie swart peper na smaak
1 t chillie flakes
1 e balsamiese asyn
1 e woestersous
Druk fyn en meng als goed saam
Meng dan 25 ml gesmelte botter met ‘n eier en 75 ml melk
meng dan 250 ml koekmeel en 5 ml bakpoeier 25 ml suiker en sout na smaak
Voeg dan die melk mengsel by die koekmeel mengsel en meng goed
Voeg nou die mengsel by die boeliebeef mengsel
Skep eetlepel grootte skeppies en diepbraai in olie
Plaas op doekpapier om olie te droog
Foto en resep: Gideon Louw
Geskuif