WILMA SE DIABETIESE PERSKEROOMTERT
Dit is bietjies te ryk vir my maar baie lekker. Is NET vir die Diabete onder ons.
1 blik perskes in VRUGTESAP
500 ml yskoue room
2 sakkies gelatien
20 ml Selati versoetter
1/2 pakkie Provita volkoring beskuitjies
40 ml margarien, gesmelt
Kap die provitas fyn, meng met margarien en druk vas in ‘n tertbak met ‘n volume van 1lit. Sit in die yskas tot benodig.
Dreineer perskes. Meng die vrugtesap, en Selati versoetter tot Selati opgelos is. Pons gelatien in bietjie kookwater en gooi by die sap-mengsel. Kap perskes in stukkies, hou ‘n paar uit vir versiering. Klits room in ‘n menger tot styf. Voeg nou vrugtesap-mengsel in ‘n straaltjie by en hou aan klits.
Vou perskes in en skep op voorbereide kors. Versier met perske-stukkies en gekapte neute. Plaas in die yskas vir omtrent ‘n uur.
Bedien…
Resep en foto: Wilma Josey Venter
All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.
Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.