SEAN SE SKAAPNEK-BOERBOK KERRIEPOT
Dis maar ‘n “moerby” resep so pas maar aan na smaak:
Gelyke hoeveelheid skaapnek en boerbok kookvleis, afgespoel met asyn en gespesery vooraf (ek het sout, swartpeper, BBQ, Steak & Chops, koljander, naeltjies en knoffelsout gebruik).
Braai vleis effe bruin in pot (gebruik sonneblom olie) en haal weer uit.
Braai nou uie en knoffelhuisies grof opgekap vir so ‘n minuut en gooi dan vleis terug en roer deur.
Voeg kerriemengsel by en braai verder terwyl jy heeltyd omroer. Ek maak ‘n slap pasta met kerrie, borrie en bruinsuiker.
Gooi nou jou ander kruie by. Lourierblare, heel anyssade, ens.
Gooi nou so 2 koppies Sprite in die pot asook kookwater (so 800 ml) waarin die volgende opgelos is: Een blokkie hoenderekstrak, worcestersous, blatjang en appelkooskonfyt).
Prut tot vleis sag is. Sit dan jou wortels en aartappels bo-op.
So 5 minute voor gaar gooi een blik coconutmelk by (jy kan room ook gebruik) en ‘n pakkie bruin uie soppoeier.
FOTO EN RESEP: Sean O’Brien