MALVAPOEDING IN DIE PRUTPOT
Tradisionele gunstelinge soos Malvapoeding werk soos ’n bom in die prutpot!
Maak eenvoudig jou beslag aan soos gewoonlik en plaas in die koue prutpot (smeer net vooraf of bespuit met Spray en Cook).
Kook ongeveer 1½ – 2 ure op HOOG – hou dop wanneer die bokant van die koek/poeding nie meer rou en klam of ‘wobbly’ is nie. (As jy ’n mespunt in die middel insteek, moet dit droog uitkom.)
Gooi die stroop oor die warm poeding en GENIET!!!
(Die lengte van die gaarmaaktyd sal afhang van die tipe prutpot en die aanvangstemperatuur van die bestanddele.)
Bron – Tilly Swart
Marina van Aswegen
Gelukkig sien ek toe die plasing en versoek. Enige van die gebakte poedings met ‘n sous, as die resep se dat die poeding in die sous gebak moet word, berei ek vooraf die sous op die stoof, gooi dit dan oor in die slow Cooker se bak wat al aan geskakel is en dan die deeg mengsel en bak vir twee ure op hoog of na
gelang van tipe slow cooker. Dit maak die sous ook lekker dik en taaierig! Lip lekker! Met die Jan Ellis, berei ek eers die deeg mengsel en bak soos bo genoem en gooi die gekookte warm sous oor maar laat dit nog so bietjie langer in die pot net sodat dit lekker kan deur trek!