KOOS SE “STREETWISE 5” HOENDER
Ek se mos altyd ek is nie bang om iets te probeer nie.
Niks om te verloor nie net n stukkie hoender.
Toe ek gisteraand die vis wat ek gebak het ge-post het was daar baie kommentaar en een was van Dassie Fleming wat gese het sy maak haar hoender so gaar.
Dit het my laat dink aan die KFC resep wat die rondte gedoen het en besluit toe vandag gaan ek dit probeer.
Maar so het dit uit gedraai. Ek het twee batches gemaak.
Hoender in die koekmeel wat ek n mengsel speserye in gewerk het
Toe in geklitste eier en weer in die meel.
Binne in die ysterpot met warm olie gesit en gebraai tot bruin
Seker 5 minute
Die hitte af gestel na 3 op my plaat en verder ge braai/kook/bak in daai olie vir 30 minute en toe uit gehaal
Lekker crispy en die hoender was gaar
Foto 2, is geneem op 10 minute in die olie, no 5 is op die drip tray
Foto 7 in die bord saam met nogal my eie mash en gravy gemaak, en Lui man kos, Sweet corn met Baked Beans en Shakalaka gemeng.
FOTO’S EN RESEP: Koos van der Merwe