KARRINGMELKBESKUIT MET KITSGIS
Karringmelkbeskuit wat rys:
1 kg koekmeel
10 ml sout
1 koppie suiker
20 g Anchor-kitsgis
500 ml karringmelk
100 ml margarien
2 groot eiers (geklits)
lou warm water
geklitste eier om mee te bestryk
Meng die meel, sout en suiker.
Voeg die gis by en meng goed.
Verhit die karringmelk tot louwarm en smelt die margarien daarin.
Laat hierdie mengsel afkoel.
Voeg die karringmelkmengsel en geklitste eier by die droe bestanddele met genoeg louwarm water om ‘n sagte deeg te vorm.
Knie die deeg 10 min goed tot glad en elasties.
Bedek met gesmeerde plastiek en laat rys vir 30 minute. rol bolletjes en pak in gesmeerde panne.
Bedek weer met gesmeerde plastiek en laat rys tot dubbel so groot (ongeveer 60 minute).
Stel oond op 180ºC. bestryk deeg met geklitste eier en bak 30-35 minute of tot gaar en goudbruin.
Resep geplaas duer: Marietjie van der Merwe