DRIKA SE SPINASIEROL
Kook spinasie tot sag, druk al die water af.
Braai uie, knoffel en sampioene wat opgekap is saam.
Skei 1 eier.
Meng spinasie eiergeel en uiemengsel saam.
Klop eierwit styf en meng met die spinasie mengsel.
Op n oondpan le foil uit wat gesproei is met “cook n bake”.
Gooi mengsel op foil en bak tot eier gaar is. So 10 min..
Nie te lank nie anders droog dit uit.
Strooi gerasperde kaas oor bak nog 5min. vir kaas om sag te word.
Rol nou die spinasie op(soos n swissrol).
Lyk pragtig en smaak heerlik.
BRON: Drika van Greunen