DENVER SE PAMPOENBREDIE
1 koppie water
4 naeltjies
3 all spice korrels
2 gekapte uie
3 eetlepels kook Olie
4 stukke pypkaneel
1 teelepel fyn knoffel
1 teelepel fyn vars gemmer
sowat 1kg lams vleis
2kg boerpamoen
3 eetlepels botter
2 eetlepels bruinsuiker
sout en peper na smaak
Kook die ui, all sprice, naeltjies en water saam, tot die water verdwyn.
Gooi nou die olie by, en maak uie bruin.
Sit nou die vleis, kaneel, gemmer en knoffel by en stowe tot net net gaar.
Sit nou die pampoen stukke in en sorg dat die pampoen en vleis gemeng is.
Sit die deksel op die pot en kook sag. Moenie karring aan die pot, die pampoen moet heel bly.
Sit nou laaste die bruinsuiker, sout en peper en botter.
Chilli vlokkies of gekapte heel droe chillies in is ook lekker.
Resep: Denver Petersen (se oorlede suster)
foto: recipeshubs