BIEF-MACARONI
Genoeg vir: 4
30 ml olie
1 ui, gekap
400 g beesmaalvleis
50 ml koekmeel
250 g macaroni (rou)
15 ml gekapte vars origanum (of 5 ml gedroog), plus ekstra om voor te sit
750 ml biefaftreksel
500 ml bevrore ertjies en soetmielies
gerasperde parmesaan, om voor te sit
Verhit die olie in ’n kastrol en soteer die ui tot dit sag is. Voeg die maalvleis by en braai dit goed bruin. Voeg die meel by en roer dit vir ’n minuut.
Sit die macaroni, origanum en aftreksel in die kastrol, sit die deksel op en verhit dit tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat dit vir sewe minute prut, of tot die pasta amper gaar is. Voeg die ertjies en mielies by en laat dit vir nog 2-3 minute prut, tot dit gaar is en die pasta al dente. Sit dit met vars origanum en parmesaan voor.
Adam Cloete se weergawe:
Ek het vark maalvleis gebruik, daarom wys dit nie duidelik uit in die foto nie, omdat dit lig van kleur is. En skulpies in plaas van macaroni.