SOET SUUR VARK ROERBRAAI
ek spesery gewoonlik met die oog … nie met mates…
Sny vark in pinkie vinger repies
Sout & peper
Knippie cayene
Paprika
Gemmer bietjie
Knoffel bietjie
1 eier
Meel omtrent n koppie afhangende van hoeveel vleis jy het.
Meng vark, eier meel en speserye
Bak in olie vir so 2 minute to net gaar.
In n pan:
Bietjie olie
Asyn … seker so halwe koppie
Tamatiesous … soos asyn
Bruin suiker na smaak … om asyn te balanseer
Wanneer soet / suur genoeg, voeg by gaar vleis en groente na smaak.
Groente hier was net peppers, wortels en broccoli. Saam met noedels deurgeroer.
Foto en resep deur Alice Betteridge