1

PLAT ROOSTERBRODE

plat roosterbrodetested

PLAT ROOSTERBRODE
Lewer 12
750 ml witbroodmeel/koekmeel
20 ml bakpoeier
5 ml sout
30 ml suiker
125 ml melk
15 ml olyfolie
125 ml water
30 ml gekapte vars gemengde kruie of 10 ml droƫ
Kookolie vir braai.
Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Voeg suiker by. Verhit die melk in n swaarboomkastrol, voeg die water en olie by en meng met die meel om sagte deeg te vorm.
Voeg die kruie by en knie die deeg +- 5 min op n lig meelbestrooide oppervlak tot glad en elasties.
Verdeel deeg in 12 dele en rol elke deel op meelbestrooide oppervlak uit tot 3 mm dik.
Braai die broode ongeveer 2 min aan elke kant in swaarboompan gesmeer met olie of tot goudbruin en gaar. Sit warm voor.
VARIASIE
ROOSTER DIE BRODE OOR MATIGE KOLE.
Foto: Ronel Muller Thoma