PLAT ROOSTERBRODE
Lewer 12
750ml witbroodmeel/koekmeel
20ml bakpoeier
5ml sout
30ml suiker
125ml melk
15ml olyfolie
125ml water
30ml gekapte vars gemengde kruie of 10ml droe
Kookolie vir braai.
1) sif die meel, bakpoeier en sout saam. Voeg suiker by. Verhit die melk in n swaarboomkastrol, voeg die water en olie by en meng met die meel om sagte deeg te vorm.
2) Voeg die kruie by en knie die deeg +- 5 min op n lig meelbestrooide oppervlak tot glad en elasties.
3) verdeel deeg in 12 dele en rol elke deel op meelbestrooide oppervlak uit tot 3mm dik.
4) braai die broode ongeveer 2 min aan elke kant in swaarboompan gesmeer met olie of tot goudbruin en gaar. Sit warm voor.
VARIASIE
ROOSTER DIE BRODE OOR MATIGE KOLE.
Foto: Ronel Muller Thoma