PERSKE TERTJIES
Dis baie eenvoudig om te maak.
Bestandele:
Een rolletjie puff pastry
4 perskes (in dun skyfies gesny)
Strooi suiker
Appelkoos konfyt
Water
Metode:
1. Voor verhit oond tot 200C.
2. Sny die deeg in die helfte deur die lengte en in derdes deur die breedte.
3. Plaas op n silicon mat of wax paper.
4. Plaas die gesnyde perskes in die middel. Onthou on so 1-2 cm spasie oop te los reg rondom sodat die deeg kan rys. Druk ook gaatjies in die middel sodat daar nie rys nie.
5. Strooi halwe eetleper strooi suiker oor die perskes.
6. Sit in die oond vir 12-15min.
7. Laat goed afkoel.
8. In n klein pannetjie, meng 2 eetlepels appelkoos konfyt en 1 eetlepel water. Laat die konfyt smelt (moenie laat dit begin kook nie).
9. As die tertjie afgekoel het, smeer dan met die appelkoos konfyt.
Geniet met bietjie room
RESEP EN FOTO: Carla-Lee Goosen