BEESVLEIS CARPACCIO
500g Bees filet
20 ml Dijon mosterd
30ml grof gemaalde swart peperkorrels
80g Roketblare
100g Parmesan / Parmigiano kaas splinters
Kleefplastiek of aluminium foelie
VINAGRETTE SOUS
30ml suurlemoensap
30 ml Basiese / rooiwyn asyn
30 ml Olyfolie
5 ml sout
1 Knoffelhuisie gekneus
vars gemaalde swartpeper na smaak
5 ml mosterdpoeier
10 ml vars kruie, fyn gekap.
Meng die mosterd en peperkorrels. Bedek die filet met die mosterd en peper korrel mengsel. Seël die filet oor kole of gasbraaier. Draai die filet styf toe in kleef plastiek of foelie en vries vir ongeveer 1 uur, of tot dit ferm is. Sny die vleis teen die grein in 5mm skywe. Plaas elke skyf tussen 2 lae kleefplastiek en rol dun met kontroleer todat dit papier dun is. Rol die vleis op in kleefplastiek en verkoel vir nog n halfuur tot 1 uur.
Om die sous voor te berei, klits die suurlemoensap, asyn, olie, soet, knoffel, peper, mosterd poeier en kruie saam totdat dit glad is. Rangskik die vleis skywe in n enkellaag op n groot opdien bord. Bedruip die Roketblare met helfde van die sous. Sprinkel kaas oor. Bedien met oorblywende vinagrette sous.
NOTA:
Ek het gewone slaaiblare gebruik asook gewone plastiek gebruik en sommer n hele paar skywe op n slag plat gerol. Die vinagrette sous is belangrik – die Balsamiese asyn doen die ding ! Ek het ook nie vars kruie gehad en het pietersielie blare geprikkel met olyf olie en in oond gedroog – die kleur het mooi groen gebly. Dis glad nie n ingewikkelde resep EN ook DIS NIE ROU VLEIS NIE mense – dis gepekel en geseel. Heerlik doeksag !
Foto: Annemarie Allen