SOSATIES VAN ONTBEENDE SKAAPBOUD
Het besluit om vir my Pa se verjaarsdag iets te probeer met ‘n skaapboud.
Het die skaapboud ontbeen en in blokkies gesny.
Ek het so ¼ koppie sweetchillie sous
¼ koppie gewone blatjang
so ½ koppie Griekse slaaisous
1 koppie kookolie
so 2 eetlepels sojasous
en so ½ teelepel kaneel en sommer klomp gemengde vars kruie , sout en peper,
en so 2 eetlepels fyn knoffel deurmekaar geroer en bo-oor vleis gesit en alles geroer. Nou moet dit staan tot Donderdag wanneer ek kebabs gaan maak. Sal foto plaas as ek klaar kebabs gebraai het.
BRON – Ronel Muller Thoma