1

MACARONI, KAAS, MAALVLEIS EN SPINASIEGEREG

tested

MACARONI, KAAS, MAALVLEIS EN SPINASIEGEREG

Ek was gisteraand lus vir pasta, maar omdat ek al moeg is vir die gewone pastageregte, het ek maar my eie konkoksie saamgeflans.
Kom ek noem dit ‘n Macaroni-, kaas-, maalvleis- en spinasiegereg.
Ek het gebruik:
250 gr macaroni (gekook)
250 gr maalvleis
1 gerasperde ui
1 teelepel fyn knoffel
250 ml melk
1 eier
100 gr gerasperde cheddarkaas
1 teelepel mosterdpoeier
100 gr spinasie (gewas en gesnipper)
sout (Aromat) en peper
Braai die spinasie, uie en knoffel in ‘n bietjie botter tot die blare verwelk is. Braai die maalvleis apart net totdat dit begin verkleur. Klits die eier, mosterd, sout en peper in die melk. Voeg alles by die macaroni in ‘n gesmeerde bak en bak teen 180°C vir ±20 minute.

Resep en foto: Adri van Staden