MACARONI EN KAAS MET PINK SALMON
1 pak macaroni (gaar en gedreineer)
1 blik Pink Salmon (gedreineer)
1 ui fyn gekap, sout en peper na smaak
2 koppies gerasperde kaas
Witsous:
60 ml botter
60 ml koekmeel
knypie sout
600 ml melk
halwe kopie gerasperde kaas
Smelt botter oor lae hitte.
Roer die meel en sout by tot ‘n pasta (pasop vir brand).
Voeg die melk bietjie vir bietjie by en klop met ‘n draadklitser tot glad.
Voeg by die kaas.
Wanneer kaas gesmelt het verwyder die witsous van die hitte.
Meng nou die macaroni, Pienk Salmon en die witsous saam in groot mengbak.
Skep uit in ‘n gesmeerde oondbak, en strooi gerasperde kaas bo-oor. Bak in oond by 180 grade tot kaas mooi verkleur. (ongeveer 30 min). Bedien saam met ‘n groen slaai.
RESEP: Heibre Schronen