1

KERRIE UIE

uientested
KERRIE UIE

3.5kg uie in ringe gesny
1.125liter asyn
45ml stroop
900g suiker
25ml mosterdpoeier
25ml kerriepoeier
7ml sout
100ml maizina opgelos met bietjie koue water

Plaas die uie in n kastrol met warm water. Kook tot net sag, nie pap nie. Dreineer goed. Meng die res van die bestandele, behalwe die maizina, in n kastrol & verhit. Roer tot al die suiker opgelos is. Verwyder die kerriemengsel van die hitte & roer die maizina by. Plaas terug op stoof & kook tot verdik & gaar. Gooi die uie by die kerriemengsel & kook goed deur. Skep in skoon warm bottels.

Bron: bottel en bere resepte
Foto:foto: Karin Klinck Pitout