HASSELBACK AARTAPPLES MET MAALVLEIS
Sny aartappels (moet nie skil nie) in wiele maar nie reg deur nie (Soveel as wat jy sal benodig vir ete.
Ek doen altyd bietjie meer want dit is baie lekker.
Plaas in oondvaste bak en plaas dan gekerfde knoffel in elke tweede snytjie en roosmaryn blaartjies in die ander snytjie.
Strooi sout oor
Gooi ook olyf olie en stip botter.
Plaas in oond teen 180 grade C vir so 1 uur of tot lekker gaar. Bedien saam met vleisbolletjies of
maalvleis, dis mos maklik, maak soos jy dit verkies en ‘n vinnige slaai en aandete is op die tafel
RESEP: Hendrika Barkhuizen Kruger