GESMOORDE VERGLANSDE UITJIES
750g Klein Piekeluitjies
30ml Olie
60ml Botter
250ml Hoenderaftreksel
10ml Tamatiepasta
Blansjeer die uitjies en trek die skilletjies af. Moenie die wortel ente afsny voordat die gaarmaak proses voltooi is nie. (verhoed dat die uitjies uitmekaar val). Braai die uitjies in die botter en olie vinnig bruin terwyl die kastrol kort-kort geskud word (moenie roer nie). Voeg die res van die bestanddele by en stowe vir 40min.
Bron: Elje Stolk