EDUAN SE GEBRAAIDE SNOEK
Sous: smelt botter, ek skat so 1 koppie, gooi so 5 eetlepels fyn appelkoos konfyt by wat saam smelt/verhit, sap van 3 suurlemoene, so 2 teelepels knoffel en n bietjie pietersielie. Smelt of verhit dit alles saam.
Ek gooi bietjie growwe sout en peper op die vleis kant van die gevlekte snoek, sit hom op die kole en begin braai. Van die eerste draai af smeer ek hom gereeld en hou so aan tot hy gaar is.
Sit voor saam n self gebakte ciabatta brood, n lekker ouma jampie en kaas.
Dan eet n mens lekker!
FOTO EN RESEP: Eduan Joubert