APPELKOOS POEDING
Verroom 250ml suiker en 50 ml botter
voeg 2 eiers by!
Sif 2 koppies meel, 15 ml bakpoeier, 1 ml sout saam
Voeg by eiermengsel voeg by 100 ml melk. Meng goed.
Smeer ‘n derde van die deeg in n bak
Smeer dan 50 ml verhitte appelkooskonfyt oor dan weer deeg dan weer 50 ml appelkooskonfyt en dan die laaste deeg!
Maak sous, kook saam:
2 koppies water
125 ml suiker
50 ml appelkooskonfyt
30 ml botter
Giet warm oor poeding en bak 30 min by ‘n voorverhitte oond 180 ºC.
Jou bak moet so 20 x3 0x 5 wees
Bedien met vla!!
Dis lekker! Glad nie te soet nie! En soma vinnig en maklik! Hy maak so jellie lagie onder in die bak!
Foto en Geplaas deur Benhet Nieuwehuys