1

ROOI WYN EN KNOFFEL BEDRUIP SOUS

rooiwyn en knoffel soustested

ROOI WYN EN KNOFFEL BEDRUIP SOUS
1 koppie fyn Allgold appelkoos konfyt.
1 koppie natuurlike soet rooi wyn.
4 knoffel huisies gekap.
½ tee lepel suurlemoen sap.
1 teelepel wit asyn.
Knippie sout
4 eet lepels suiker.
5ml droë pietersilie
½ koppie kwaliteit tamatie sous.
Verhit konfyt tot gesmelt, voeg die asyn,wyn en sap by en kook vinnig vir 3 minute of tot alkohol verdamp het. Voeg nou die res van die bestandele by en laat stadig prut tot n dik sous gevorm word laat af koel en gebruik op enige gaar gebraaide vleis,selfs hoender.
Resep:  Franco Dippenaar – EIE RESEP
Foto:  lowcarbdish.com