PERELMOZZARELLA SLAAI
Eenvoudige slaai wat jy saam met vleis kan bedien
1½ kg kersietamaties ( probeer verskillende kleure kry as jy kan….dit lyk mooi )
1 kg pêrelmozzarella of dié wat so groot is soos die kersietamaties wat jy in 1/4 kan sny
500 ml gesnipperde vars basil
1½ eetl vars gemaalde swart peper ( of na smaak )
1½ eetl growwe sout ( of na smaak )
80 ml olyfolie
Metode
Spoel en sny die geel en rooi tamaties in die helfde.
Roer die tamaties, basil en mozzarellaballetjies saam.
Geur met vars gemaalde swartpeper en growwe sout na smaak en meng deur.
Gooi laastens die olyfolie oor, roer en versier met bietjie van die mozzarellaballetjies.
Hier kan jy al jou bestandele klaar geprep hê en maak dan net genoeg slaai aan op een slag wat bv in jou opdienbak pas. Dit is vinnig en maklik om te maak as jy gou nog op die tafel moet kry.
Hierdie resep is gehalveer, so dit maar redelik baie.
Resep geplaas deur : Wilanda Räsänen