NAAS BOTHA SE NIEU-SEELANDSE HERDERSPASTEI
1ui , gekap
1 E kanola – olie
500 g gemaalde beesvleis
2 E koekmeel
1 E tamatiesous
2 E blatjang
3/4 beesvleisaftreksel
4 groot aartappels
n klont botter
n bietjie melk
sout en swartpeper
gerasperde kaas ( vir bolaag )
Naas se metode :
Voorverhit die oond tot 180 C .Soteer die ui in die olie tot ligbruin .Voeg die maalvleis by en verbruin Strooi die meel oor en roer goed .Voeg die tamatiesous , blatjang en aftreksel by en roer goed sodat meel ingemeng word .Laat opkook terwyl jy af en toe roer – voeg nog aftreksel by as die mengsel te droog is Laat prut vir 5-10 minute . Kook die aartappels in water , dreineer en maak hulle fyn saam met botter en genoeg melk om dit romerig te maak .Geur na smaak .Skep die maalvleismengsel in n pasteibak en skep dan die fyngemaakte aartappels bo-oor . Strooi die kaas bo-oor en bak vir 30 minute . Bedien en geniet !
BRON – NAAS BOTHA
FOTO – Charmaine Doller Olivier