GADO GADO
Indonesia, Toe ons in Bali was was dit een van my lekkerste straat kos. Die sous word in “n bakkie gesmeer en jou slaai apart, Word dan gemeng tot alles met die sous bedek is. Jy kan enige vars groente op kerf saam met enige gaar vleis in repies, of jy kan die vleis laat soos ek hier, Het dit saam steak bedien.
SOUS:
150 ml grondboontjie botter
3 huisies knoffel
sap van lemmetjies of suurlemoen (so 2 E)
1 E soy sous
1 E vis sous
so 2 E tamarind sap en so 3 E fyn palm suiker of jy kan bruin suiker gebruik
fyn gekapte rissie na jou smaak.(1 rissie met pitte of as jy nie van brand hou nie haal die pitte uit) Blitz alles en smeer bak daarmee,
SLAAI:
Kool gewone en rooi gekerf, gekookte eiers, gekookte klein ertappeltjies opgesny, wortelrepies, komkommer in repies, radyse, slaaibare, tamaties, pepers, enige rou groente in repies dan kan jy maar gaar vleis in repies byvoeg. Meng en geniet!
Foto en resep: Martie Fourie Moolman