LEKKERSTE PATATGEBAK

2015-11-14-lekkerstepatatgebaktested
LEKKERSTE PATATGEBAK
1Kg patats geskil, gaar gekook en fyn gedruk.
180 ml bruin suiker
125 ml melk
2 eiers
5ml sout
10 ml vanielje geursel
250 ml bruin suiker
125 ml koekmeel
375 ml pekaneute grof gekap
50 ml gesmelte botter.
Voorverhit oond 180°C
Meng patats, 180 ml bruin suiker, melk, eiers, sout, vanielje geursel goed saam en skep in oondvaste bak.
Meng die res van die bestandele en sprinkel oor die patats.
Bak vir 30 min.
Bedien saam met snoek, vars brood.
Eet.
6-8 Porsies
Resep geplaas deur Louw LP Senior
Foto: Christina En LP Louw (Lid)