LEKKER APPEL PEUSELHAPPIE

tested

LEKKER APPEL PEUSELHAPPIE

Ek sny gewoonlik ‘n paar appels in blokkies, sit water by en suiker en druk in mikrogolf vir n paar minute tot gaar. Koel die mengsel af. Ek koop velle deeg, sny dit in die helfte, gooi bietjie kaneel oor. Dan skep ek genoeg van die vulsel in n lyn in middel van die 1/2 vel, draai toe – vir pasteitjies en sny so in3 of 4. Verf met eier en water mengsel en bak in die oond teen 200•C vir so 12 tot15 minute.
RESEP: Teresa Louw

(Tip Teresa Louw: Ek smeer ook n paar met vegemite/marmite en ‘n velletjie kaas dan het ek southappies ook.)