KAAS EN UIE SOUTBESKUITJIES
500 ml koekmeel
4 ml sout
2 ml rooi peper, as jy wil bietjie meer
1 pakkie wit uie sop
6 ml bakpoeier
120 ml stork bake
300 ml kaas, gerasper
2 eiergele
100 ml yswater
Sif al die droë bestanddele behalwe uie sop in ‘n mengbak gooi dan soppoeier by, vryf botter met vingerpunte in meelmengsel en meng dan die kaas by, klits eiergele liggies saam die water en gooi oor die droë mengsel.
Sny die vloeistof met ‘n mes in die mengsel om ‘n deeg te vorm.
Verkoel vir 15 min.
Rol deeg lekker dunnerig uit en druk uit met koekie drukker of sny in vingers.
Bak by 180 ºC vir so 20 min.
Foto: Sue Robb
geskuif