GIDEON SE LEKKER VARK CRACKLING
Ekt vannaand vir my en vroulief weeer ‘n lekker bak vol cracklings gemaak en ek kan my ooreet daaraan.
1 kg skoongemaakte varkvelle in blokke gesny ( ± 60 x 60 ) en liggies skoon geskeer met ‘n lemmetjie.
Sny sommer die hele vel liggies gleufies in, nie deur nie.
Pak dit oop op in ‘n bakpan wat met foelie oorgetrek is, smeer met ‘n bietjie olyfolie en sout na smaak.
Besprinkel liggies met bakpoeier en bak in die voorverhitte oond op 220°C vir ± ‘n halfuur.Hou maar dop tot dit lekker crisp gebraai is, ek sit die oond op grill vir ‘n paar minute op die einde om dit lekker krakerig te kry.
Haal dan uit en pak uit op handdoekrol papier en geniet saam met ‘n glasie witwyn van jou keuse!
Foto: Gou gou ‘n bietjie craklings gemaak om aan te byt saam met soetsuur mosterd.
Bron en foto: Gideon Louw