FRIKKADELLE IN DIE HALOGEEN OONDJIE
300 g maer maalvleis
3 snye brood (korsies af en geweek in water)
1 medium ui, gerasper
1 aartappel, gerasper
2 eiers
125 g oats
Druk water uit brood en meng met die maalvleis. Meng alles saam en maak bolletjies. Sit in bak en smeer bietjie olie oor.
Bak vir 30 minute by 180°C.
Resep en foto: Alta Theart