FANTASTIESE KOOLSLAAI
LEWER 12 PORSIES
1/2 middelslag-koolkop
1 blik (440 g) pynappelstukke
1 pakkie (80 g) groen jelliepoeier
1 blik (397 g) kondensmelk
250 ml mayonnaise (1 k)
Snipper die kopkool fyn. Voeg die pynappelstukke (en hul stroop) en die jelliepoeier by die koolsnippers en meng goed.
Voeg die kondensmelk en mayonnaise by en meng.
Die slaai kan dadelik voorgesit word of dit kan tot ‘n week lank in ‘n toe houer in die koelkas gehou word.
Ek verkies dat die slaai ‘n paar uur voor opdiening voorberei word – verkieslik die vorige aand.
Dan is dit soveel lekkerder!
Foto: Meisie van ver Colff
One thought on “FANTASTIESE KOOLSLAAI”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.
Geskuif