BESTE EIERS EN SPEK VIR ‘N BUFFET ETE
Christa Jordaan
Hi ek maak my spek nie heeltemal gaar nie en dan as dit in chaffer warm gehou word stoom dit gaarder. Roereiers moet nog bja pap wees. Voeg dan mayonnaise by en roer deur. Jy moet dit ook gereeld roer.
Marie Bester Lotriet
Maak witsous by die roereier en dit werk baie goed.
Magde Van der Kolff
vir grootmaat roereiers gooi ek 1 eetl maizena in n koppie melk gemeng by en dit bly geel word nie swart… dis op ongeveer 25 groot eier….
my spek maak ek ook net bruin en laat dit dan in shaving dish of toebak op warm skinkbord gaar stoom
Claire Main
Ons sit altyd n bietjie blatjang by die spek…net as dit so amper klaar gebraai is….vreeslik lekker!
Irene Gilliland
Ek sit suurroom by my roer eiers net voor dit gaar is. Jy kan dit ook dan afkoel en in die yskas bere en die volgende oggend in die oond warm maak. +- 2 eetlepels suur room vir 8 eiers.
Altyd gemaak By ons jeug kerk kamp Vir 60 kinders. (Het bacon crisp gebraai en oor die eiers gekrummel voor dit warm gemaak word. En dan chives net voor dit bedien word)
Abdul Karim Dawood Narker you could also try glass covers, with ventilation holes, so they do not steam up, but also prevent food from drying-out
Christa Jordaan
Jy kan ook room insit ipv mayo. Het laasjaar vir 750 mense op ‘n slag roereiers gemaak en dit was perfek.
Fanie Smit
Vir maak van massa-roereiers: voeg by Maizena, bakpoeier en room. Bak dit in die oond en roer kort-kort deur. Na 2 dae sal daai eiers nog fluffy en geel wees
Fanie Smit
Ek het ‘n paar 45cm deursnee en 5mm dikte behandelde staal panne waarin ek grootmaat stir-fry en spek ens braai. Braai tot amper crispy. Bevog jou chafing dishes met bietjie gesuiwerde water om die stoomeffek voort te sit in jou pan.
Terloops wie het al ervaar dat rys droog word en vas sit in jou chafing dish – veral aan die kante? Gooi ‘n glas water al om die rys op die kant van jou chafing pan en sien die fantastiese verskil
Sandra Barnard
Meng 12 eiers en 1 pakkie hoender roomsop deeglik. Geen sout is nodig. Moenie water of melk byvoeg nie. Maak soos gewoonlik gaar. Eiers sal geen water trek nie. Dit is Elize Snyders se Voortrekkerkamp resep.
Fanie Smit
Hierbo is nog ‘ n fantastiese bewys van fantastiese admin op ‘n fantastiese blad. Lank sal jul lewe
Riana Heyns
Ek gooi so 2 eetlepels mayonnaise by voordat ek eiers klits. Dis heerlik romerig, geurig. Almal wil altyd weet hoe…. dis nou maar kleiner maat…
Petré Van Jaarsveld ….
jy pak die bak waarin die roereiers kom, uit met bruinbrood … skep die roereiers op dit … dit laat nie die eiers uitdroog of blou raak nie … moet lekker romerige eiers wees … net-net gaar.