ANITA SE ROOMKAAS
EK koop n 2L melk by boer of sy padstal.
Gooi dit in n bak en laat staan dit in yskas tot hy n roomlaag vorm . skep die room af en bere in yskas.
Vat dan die melk en sit dit iewers neer vir 2 dae buite n yskas.
Op dag 2 sal dit so n jellie laag vorm.
Gooi nou daai melk in n pot
Kook dit vir so 5-10 min op lae hitte tot melk begin skei.
Dit sal lyk soos fyn skifsels.
Sit vir jou n doek of kaasdoek of skoon dun vadoek in n vergietes.
Gooi nou jou mengsel daarin
Die Curd en whey sal nou skei.
Los dit vir so 1uur dat dit goed drein.
Haal dan die curd van jou doek af en skep dit in n bakkie.
Nou vst jy van die room wat jy afgeskep het en meng dit by die. roomkaas .
Roer versigtig by , en siedaar jou eie roomkass.
Jy kan garlic of enige iets by voeg soos spice as jy dit n ander smaak wil gee.
Bron: Anita Hennig