VINNIGE SUURLEMOEN SKUIMTERT
Kors
1 pakkie Marie beskuitjies ( gebruik maar liewers die Beauman’s een .. (Die goedkoper weergawe maak klonte)…. 125 g margarien/botter
1 teelepel fyn Kaneel
2 teelepels Suiker
Smelt margarien in kastrol … Gooi mariebeskuitjies, kaneel en suiker in voedselverwerker en maak goed fyn …. Gooi by gesmelte margarien en roer goed tot al die krummels met die botter bedek is en nog baie krummelrig is … Druk korsmengsel in tertbord .. (Ek gebruik n teelepel hiervoor .. Werk die beste om die bodem en rante ewe dik te kry) … Bak kors vir 10 minute @ 180oC
Vulsel
4 eiers geskei
1 x 397 g blik Kondensmelk
125 ml vars uitgedrukte suurlemoensap (bottel suurlemoensap maak teveel sous)
1 1/2teelepel fyngerasperde suurlemoenskil
1 eierwit
Meng die eiergele, kondensmelk, suurlemoensap en suurlemoenskil liggies (moet nie klits nie … Roer dit stadig deur tot dit goed gemeng is … As jy die mengsel te vinnig roer, dan word dit pap …) …. Klits eierwit styf en vou in mengsel Giet die vulsel in die afgekoelde kors … Sif 1 1/2 teelepels Maizena oor die vulsel (dit is vir die stroperigheid wat dalk wil vorm om te stol) ….
Bolaag
3 eierwitte (wat oorgebly het)
1/2 koppie suiker
1 teelepel Kremetart
Klits die eierwitte tot sagte punte vorm. Klits die suiker en kremetart bietjie-bietjie by. Hou aan klits tot dik en blink. Skep lepels vol op vulsel … Vorm punte met vurk. Bak vir 15 minute @ 180oC of tot punte goudbruin is.
BRON – Petré Van Jaarsveld
Geskuif