PETRE SE VARIASIE MUFFINS
Ek maak gewoonlik n klomp muesli muffins wat ek wrap en dan vries … wanneer ek onverwagste gaste kry of vinnig iets soets aanmekaar moet slaan, dan neem ek van die muffins … maak n sjokolade brandewynsous of n lemoensous … doop die muffins daarin en versier met roomkaas versiersel … met die sjokolade brandewynsous proe dit net soos brandewyntertjies, en met die lemoensous soos wortelkoek ..
Muesli Muffins:-
5 koppies meel …
4 teelepels koeksoda…
2 teelepels sout…
4 eiers…
1 liter karringmelk…
Muesli (halwe pak) (ek gebruik die een met die clusters in) …
1/2 koppie kookolie…
3 koppies suiker.
Meng alles saam. Skep in muffinpannetjies en bak 15 tot 20 minute @ 160 grade Celcius.
Maak 48 tot 50 muffins.
Sjokoladesous:
2 eetlepels botter,
2 eetlepels kakao,
melk of room,
60ml brandewyn …
1 teelepel vanieljegeursel,
1 opgehoopte teelepel vlapoeier,
1/4 koppie suiker,
knippie sout ….
smelt botter .. roer kakao by (soos vir n witsous). meng die vlapoeier met melk … giet melk by die kakao mengsel, voeg sout en vla mengsel by. roer aanhoudend tot verdik … gooi nog melk by indien te dik … voeg die suiker by … kook tot gaar, … gooi vanieljegeursel en 60 ml brandewyn by .. roer goed ..
….. ek gooi maar melk by soos ek goeddink … dit is soos witsous maak … die stroop moet nie te dik wees nie, anders gaan dit nie behoorlik in die muffins intrek nie ..
Lemoenstroop:-
1 Liter Lemoensap (vars of gebottel) …
11/2 koppies suiker …
3 heel Naeltjies ..
2 stukke kaneel ..
Kook tot dit n dun stroop vorm .. (kan ook n bietjie brandewyn bygooi).
FOTO EN RESEP: Petré Van Jaarsveld