PETRE SE SWARTWOUDKOEK
SJOKOLADEKOEK
50 g Kakao poeier
300 g Koekmeel
2 teelepels Koeksoda
1/2 teelepel sout
50 g plein sjokolade (gekap)
120 g ongesoute botter (sag)
300 g bruinsuiker
2 teelepels Vanieljegeursel
3 Eiers
175 ml Suurroom of Karringmelk (kan Amasi ook gebruik)
1 teelepel Asyn
1 koppie Kookwater
VULSEL EN VERSIERING:-
2 Blikkies Swart Kersie (gedreineer en in halwes gesny – laat week oornag in kersie likeur)
4x250ml Room (styf geklop)
Kersie likeur (Kirsch) ( nie die rooi een nie)
1 koppie Aarbeikonfyt
25 ml Port
Sjokolade vir krulle en Maraschino Kersies vir versiering
1. Voorverhit die oond tot 180 grade Celcius. Spuit 2 losboom panne. Voer bodems uit met waspapier. Spuit weer. Sif die kakao, meel, koeksoda en die sout saam. Sit eenkant.
2. Smelt sjokolade tot glad en laat afkoel.
3. Klits ongesoute botter, bruinsuiker en vanieljegeursel tot romerig. Klits eiers een op n slag by. Voeg die meelmengsel om die beurt met die suurroom of karringmelk by. Roer die asyn by en klits die kookwater stadig by. Gooi beslag in koekpanne, en bak vir 20 tot 25 minute. Laat in panne afkoel vir 5 minute .. Keer uit op rak en laat heeltemal afkoel.
4. AANMEKAARSIT VAN KOEK:-Sny elke laag in 2 lae
5. Plaas een laag met die snykant op n koekbord. Sprinkel Kersie likeur oor die koek laag. Spuit n laag geklopte room oor die laag. Rangskik die swart kersies op die geklopte room. Plaas die volgende koek laag bo-op die eerste laag. Meng die arbeikonfyt en port. Smeer oor die koek laag en spuit n laag room bo-op. Rangskik die swart kersies en herhaal soos die volgende laag soos die 1ste laag … Sprinkel die laaste laag met Kersie likeur en versier met geklopte room, sjokoladekrulle en marachino kersies
1e FOTO EN RESEP: Petré Van Jaarsveld
2e FOTO: Amanda Struwig