MAGDA SE ONTBYTSTAFIES
Ek het gou heerlike ONTBYTSTAFIES maklik gebak , sommer in my beskuitpan
Lewer 60 x stafies.
300 g Oats
300 g All bran fyn gerol
150 g koekmeel
150 g wheat bran
1 eetl koeksoda
6 eiers
60 g botter/margarien
100 ml suiker
300 ml melk. (Suiker kan vermeerder word of stroop bygevoeg word na smaak vir soeter) Verhit oond op 200°c.
Meng al die bestanddele saam.
Druk deeg vas in beskuit pan.
Druk drukker stewig in.
Bak 15-20 min.
*suiker kan vervang word met 60 g versoeter vir diabete.
*baie veselryk om gereeld te wees. Drink ook baie water.
*verskeie variasies is moontlik bv rosyne en bietjie sade. Selfs gedoop in n bietjie sjokolade vir die soettand.
*maklikste en gesondste nog vir die kosblik met n vrug of yogurt
*lae GI
Resep en Foto: Magda Nel
All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.
Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.