HEEL HOENDER NOEDEL POT
1 heel skoongemaakte hoender
2 groterige uie, opgekerf
2 koppies skulpie noedels
300 ml room
1 teelepel chillie vlokkies
1 teelepel knoffel vlokkies
1 eetlepel sout
1 pakkie bruin sampioene (omtrent 6 grootes), gekerf
1 rooi soetrissie, gekerf
1 eetlepel olyfolie
Braai die heel hoender in die olyfolie in ‘n warm pot saam met die uie.
Voeg dan die sampioene en rooirissie by en verminder die hitte, laat prut ‘n rukkie.
Voeg die chillie vlokkies en knoffel vlokkies asook die sout by.
Gooi die noedels rondom die hoender en gooi die room oor die noedels.
Laat prut die pot dan vir nog ‘n uur en kyk altyd dat daar genoeg vog is.
Garneer met ietsie groen, ek het gekapte grasuie gebruik.
Bron en foto: Gideon Louw