WENKE VIR DIE SKOONMAAK VAN JOU VRIESKAS
Rene Van Oosten – Ek gebruik my steamcleaner
Ella Brandt – sit waaier op die geyste dele… werk vir my…
Romano Frederick – Gou sout op die ys en laat dit staan oornag. werk uitstekend
Annatjie de Klerk – Stoom masjien of haar droeër
Mark Maddock – .ek sit gewoonlik n bak met kookwater in en herhaal tot al die ys weg is.
Helen Barnard – Stoot uit buite toe en laat manlief dit uit spuit met die tuinslang. Chop chop skoon.
Louw Coetzee – Al die raad werk vir ontvries. As jou vrieskas nou mooi droog is en amper reg is om weer aangesit te word, vee hom uit met ‘n blou spirits lappie en los so 10 minute oop. Die spirits ontsmet en help om die laaste bietjie vog te laat verdamp. Dit rek jou tyd voor die volgende ontdooi met ‘n paar maande!
Tokkie Beukes – Wanneer skoon spuit met Spray and Cook maak makliker skoon. Spuit ook tussen vleis pakkies.
Petra Schlierkamp – Maak deepfreeze skoon met koeksoda , vat reckon weg. Smeer uit met Glycerin, volgende keer vee jy net die ys uit
Susan Barnard – Sit n heater voor hom met baie handoeke more is sy skoon
Elizabeth Margaret Hendrikz – Laat hom staan met bak warm water dan was ek hom met Koeksoda water met Vanilla Essence in.
Cecile Matthee – My man het vir ons een van daardie Genesis stoommasjien goedjies gekoop by Verimark. Beste geld nog gespandeer. Ek skakel my yskas af, pak die goed uit en spuit die stoom op die ys en chop chop is dit ontdooi. Spuit ook binne die yskas. Maak skoon met louwarm water waarby bietjie koeksoda gevoeg is. Droog af. En nog voor die yskas kon “warm” raak is my goed terug gepak. Doen dieselfde met vrieskas.