LEKKERSTE BRUINBROOD OOIT
1 koppie crushed wheat (gerolde koring of bruin broodmeel)
1 koppie koekmeel
1⅓ koppie Nutty wheat
1 teelepel koeksoda
⅓ teelepel sout
2 teelepels bruinsuiker
2 teelepels heuning
500 ml karringmelk
Voeg suiker en heuning by die karringmelk. Meng die droë bestanddele goed saam. Roer karringmelk, suiker en heuningmengsel by. Sit in gesmeerde broodpan. Bak 1 uur lank by 180° C.
Voorverhit oond tot 200° C. Maak brood klam, draai in foelie, plaas in oond en draai oond na 120° C en bak vir 40 minute. Brood vries uitstekend.
Bron: Derek Auret
Foto: Magda Badenhorst
geskuif