KOEKSISTERS – MY STORY – BY RINA KLEINHANS OF FOOD LOVERS RECIPES
The koeksister is part of our heritage and seeing that there are so many stories around the origin of this “delicacy” but no facts, I want to believe that it has been perfected by proudly South Africans.
The theories for the origin of koeksisters in South Afica is that the Dutch brought the recipe with them from the Netherlands when they colonized the Cape. It is believed that the name “koeksister” (literally translated as “cake sizzler” and pronounced “cook-sister”) comes from the Dutch koek (cake) and sissen (sizzle) – presumable a reference to the sizzling sound they make when being dipped into the cold or hot syrup.
My story starts as a very young girl watching my Grandmother and mother baking koeksisters for the church. I think this is something that almost every South African child can relate to, because there were no functions at school, church or any fundraising event where the koeksister did not play an enormously big roll. This is still the same today.
Die koeksister het sy pad so in ons harte in gevleg dat ons dit vandag as ‘n tradisionele Suid-Afrikaanse produk aanvaar. Daar is selfs ‘n monument opgerig vir die koeksister in Orania, omdat daar omtrent nie ‘n skool of kerk gebou word, waar die koeksister nie sy bydra lewer nie. Hierdie soete verleiding is ‘n wenner verkoper.
Die koeksister soos ek hom ken word met twee of drie beentjies gesny en dan of gevleg of gedraai. Daar is ook net die ronde bolletjies, maar vir almal bly die deeg resep min of meer dieselfde. Die geloof is dat die stroop baie koud moet bly gedurende die hele bak proses, want dit sou dan verseker dat die warm koeksister die heerlike soet stoop lekker optrek. Maak jou stroop in twee bakke, hou dan die een in die vrieskas en gebruik die ander een, ruil gereeld om, om te verseker die stroop bly yskoud.
My Moeder het egter die warm stroop koeksister gebak met groot sukses, so ek glo, jy bak maar die resep waar jou sukses le, want glo my dit is nogal ‘n “kuns” om ‘n goeie koeksister te kan bak.
I would now love to share the following recipes with you. The First one is a recipe with hot syrup which my late mother loved to bake and it’s dated from 1947.
KOEKSISTERS MET WARM STROOP (1947)
2 kp meelblom
1 desertlepel bakpoeier (12.5ml)
1 desertlepel suiker (12.5ml)
1 desertlepel botter (12.5ml)
1 eier
Knippie sout
¾ k melk
Olie vir gaarmaak
Kook die stroop vooraf, hou eenkant. maar hou warm
Vryf die botter met die vingerpunte in die meel in, gooi dan die bakpoeier en suiker by. Maak aan met melk waarin die eier geklits is. Meng goed. Laat deeg ‘n rukkie rus. Rol die deeg uit, sny en vleg. Bak in warm olie tot ligbruin. Dompel dadelik in warm stroop.
Stroop
4 kp suiker
2kp water
1 eetl goue stroop
Knippie wynsteensuur (2.5ml)
Kook die bestandele saam vir 5min en dompel die warm koeksisters in die warm stroop. Haal uit en laat koud word voor bediening. Bere in vrieskas en bedien yskoud
Foto: Portal2014 (borrowed)
The next recipe belongs to Ouma Hester Duminy the grandmother of a dear friend- Benhet Niewenhuis, she noted the recipe for us when she and Ouma were making koeksisters and Ouma was telling the story.
Ouma Hester Duminy van die Plaas se koeksisters – Resep uit Landstem 25 Aug. 1968
Die oorspronklike resep praat van 1kp water of 1kp melk, maar ouma bak hom nog al die jare met altwee met groot sukses.
STROOP
Maak die aand voor die tyd en laat yskoud word!
Meng 8kP suiker en 4.5kp water!
Roer sodat suiker oplos voor dit kook! Sodra begin kook laat vir 5 min kook!!
Gooi nou 1t sout en 4e suurlemoensap en 5ml vanilla by! Meng goed en laat afkoel.
DEEG
Sif saam 4kp meel en 8t bakpoeier
Meng 1kp melk, 1kp warm water, 1t sout, 1e suurlemoensap en 2e botter (ouma glo net aan Stork Bake )
Meng nou die vloeistof by die meel mengsel en knie tot bak se kante skoon is!
Sit ‘n bottel met warm water in ‘n groot bak, sit deeg in ‘n plastiek sak en sit dit by die bottel in die bak, maak lekker warm toe met ‘n kombersie en laat rus (ons het dit n uur en n half laat rus)
Dit is n sagte deeg.
Druk balletjies af en druk deeg in n reg hoek vorm en sny in vinger dikte repies!
Vou elke repie in n agt en bak in warm olie tot bruin aan albei kante! Lig uit olie en gooi in yskoue stroop en hou hulle onder! Jy hoor sommer hoe hulle stroop suig!
Ouma se balletjies het so 10 repies op n slag gemaak! Sy glo aan maak repies, vleg bak en sous dan weer n balletjie… repies, vleg bak en sous! Ouma glo glad nie daaraan om alles klaar te vleg voor die tyd en te laat le nie. Haal koeksister uit die koue stroop, Sit op afkoelrakkie sodat oortollige stroop afdrup!
Ons het lekker “size” gemaak, jy hap hom sommer met 1 hap!
Ons het so 6 dosyn gemaak in pakkies na ons eers bietjie weg gele het in hulle!
Bere die pakkies in die vrieskas en bedien yskoud
Hierdie koeksisters is heerlik en verdien ‘n 10 uit 10!!
Hope that you have enjoyed my koeksister story and that everyone that makes koeksister is going to enjoy it and for the one that is earning a living form koeksister, may you be blessed….
I can only say thank you that this delicacy and recipe was brought to South Africa for all of us to enjoy and perfected to our taste and tradition.
Take care
Rina Kleinhans – Food Lovers Recipes
Baie lekker! die geheim op Ouma se resep is moet nie voor uit vleg nie! jy vleg soos jy aan gaan. so 8 of 10 op ‘n slag.