GROENTE VETKOEK
1 ui
1 klein blikkie gemengde groente
1 koppie kaas in klein blokkies gesny
2 koppies bruismeel
2 eiers
bietjie olyfolie
knippie aromat en braaivleis speserye.
Ek sny 1 ui baie fyn. Dan vat ek n klein blikkie gemengde groente. Gooi dit by met water en al van die blikkie. Sny 1 koppie kaas in klein blokkies (nie gerasper nie). Gooi by 2 koppies bruismeel by die 2 eiers, ‘n blerts olyfolie en so bietjie aromat en braaivleis speserye. Meng alles goed deur. Maak deeg aan met melk tot die vetkoek beslag dun is. Laat meelmengsel rus vir 10 minute. Maak braaiolie warm in braaipan. Skep lepeltjies vol in warm olie. Braai tot gaar. Sit op kombuisrolpapier om olie op te trek. Bedien warm
Bron en foto: Anita Kleynhans(lid)