GERO-MAASKAASROOMYS
Bestandele
1 blik (380 g) laevet ingedampte melk, goed verkoel
250 g vetvrye gladde Gero-maaskaas
125 ml (85 g) suiker of (Sugalite)
5 ml vanilla
Metode
1.Klits die koue ingedampte melk met elektriese klitser teen hoë spoed tot skuimerig en styf.
2.Klits maaskaas by. Sprinkel lagies suiker oor die skuimerige mengsel en voeg vanilla by.
3.Giet mengsel in ’n geskikte bak en plaas in vrieskas.
4.Klits die mengsel na die eerste halfuur om yskristalle te verklein en daarna elke 15 minute tot gestol.
Laat oornag in vrieskas om hard te word.
BRON – GERO