TALISSA SE OCEAN DELIGHT SOUSIE
Vannaand se kos was vis in die oond,homemade chippies en n sous wat nou nie meer in die pot n druppel oorhet nie!
2 eetlp botter
1 eetlp olie(ek verkies EVOO)
3 knoffel huisies,fyn gemaak
Sout en peper na smaak
So 3 eetlp suurlemoensap
3 bayleaves
50 ml room
Smelt botter met die olie,gooi die knoffels in en prut so 5 minute.
Gooi die sout en peper met die suurlemoen sap en bayleaves by en prut vir 2 minute op lae hitte
Net voor jy reg is om op te skep,gooi die room by en wag laat dit lekker warm word en klein borreltjies begin. Bedien!
My ouers se nou weet hulle hoekom ek chef as n beroep gekies het.
Resep en foto: Talissa Olwagen