MARYNA SE MOSSELPASTA
Aandete! Braai uie knoffel in botter en olyfolie. Na uie gebraai is, voeg halwe suurlemoen se sap by gebraaide uie. Voeg vars mossels by en braai vir so paar minute. Intussen maak so 4 blikkies gerookte mossels oop en hou eenkant. Voeg nou jou klaar gaar spaghetti by.
Voeg nog knoffel en die ander helfte van suurlemoen se sap by en sout en pepper. Sodra alles lekker gemeng is, voeg nou die 4 blikkies gerookte mossels by en braai tot lekker gemeng. Voeg die olie ook by.
Nota: Indien daar genoeg olie/sous in die pan is, pas maar aan deur nie al die blikkies se olie by te sit nie.
Foto en resep: Maryna Kruger