KOOS SE CHICKEN ALA KING
As daar nou een iets is wat nie n gunsteling by my is nie is dit Chicken Ala King. Dit is seker omdat dit so bleek is want daar is niks fout met die smaak nie. Gister by die werk het die canteen dit gemaak en toe lyk dit so lekker dat ek dit vanaand probeer maak het.
Ek het.
Hoender leg quarters in die stoompot gekook tot dit van die been af is.
Die hoender uit geskep in n ysterpot vir die stoof.
Die sous wat in die stoompot was het ek gebruik en net 1 Pakkie sampioene saam met uie vlokkies by gevoeg.
Die sampioene so gekook in die stoompot vir 5 minute
Toe voeg ek by. 2 Pakkies Wit uie sop poeier en kook alles weer vir nog 5 minute.
Die sampioen mengsel het ek toe oor die hoender in die ysterpot gegooi en laat prit vir n paar minute.
Om die sous toe nog bietjie meer te stol het ek Masarela kaas in gerasper.
Volgende keer sit ek sommer paprika oor om kleur te gee.
Resep en foto: Koos van der Merwe