KOFFIE MERINGUE KOEK
Ek het verlede week die koek vir my seun se verjaarsdag gebak omdat hy baie van MERINGUE hou.
175 g sagte botter, plus ekstra vir smeer
175 g strooisuiker
3 medium eiers
175 g bruismeel
1 teelepel bakpoeier
Vir die meringue-bolaag:
2 eierwitte
100 g strooisuiker
3 teelepel kitskoffie korrels opgelos in 3 eetlepels kookwater (ek het sterk espresso gemaak)
25 g gekapte okkerneute (ek het dit uitgelos)
Vir die strooperigheid bo-op
3 teelepels caramel treat
Maak die meringue:
Klits die eierwitte styf, voeg die suiker bietjie vir bietjie by, klits styf.
Meng die koffie met 3 eetlepels kookwater om die korrels te los.
Vou een teelepel koffie in die meringue en die okkerneute indien verkies. (Ek het 2 teelepels van die sterk espresso koffie in gevou.)
Plaas wit eenkant terwyl die koekmengsel gemaak word.
Verhit die oond tot 180 ° C / 160 ° C fan / gas 4.
Smeer losbodem pan en voer uit met bakpapier wat aan beide kante met botter gesmeer is.
Klits die botter en suiker tot lig en donsig, voeg dan die eiers een vir een by en klits baie goed na elke byvoeging.
Vou die meel en bakpoeier in die botter en suiker mengsel en laastens vou 2 teelepel van die koffie vloeistof in.
Gooi mengsel in die losbodem pan.
Smeer die meringue bo-op die koek mengsel.
Bak vir 40 minute, haal uit oond en laat afkoel op ’n draadrak.
Vir die strooperigheid bo-op het ek so 3 teelepels caramel treat gesmelt in die mikrogolf en toe een eetlepel koffie (sterk espresso) wat ek hierbo al gemaak het vir die meringue bygeroer en bo-op die meringue gedrip.
Nota: Die koffie smaak was baie sag en nie oorheersend nie (soos my gesin dit verkies) maar as ’n sterker koffie smaak verkies word kan meer koffie by die meringue en die strooperigheid gevoeg word.
Resep aangepas en Foto deur Charmaine Timmerman.
2de foto: Nicolette Papas
Nicolette Papas
Die resep is regtig leker en glad nie te soet nie.