FRIKKADELLE MET N TWIST
Heerlike reseppie vir my gesin was altyd ‘n wenner
Meng die volgende saam:
1 koppie rou rys
500 g maalveis
1 groot gekapte ui
2 teelepels kerriepoeier
2 eetlepels blatjang
1/2 teelepels borrie
1-2 eiers gelang van die grootte van die eiers
sout en peper na smaak
Meng alles deeglik sommer met ‘n houtlepel. Maak nou in ‘n groot kastrol die volgende sous:-
2 koppies tamatiesous
3 koppies water
2 eetlepels Worcestersous
Bring sous tot kookpunt en stel hitte laer. Maak nou groterige frikadella en kook met deksel op tot gaar en tot die sous lekker dik is. Bedien met lekker slaai en/of kapokaartappels.
BRON – Ria Smith – LID
FOTO: Louise groenewald
Tanya Momberg – Ek sit net ‘n blokkie mozarella kaas binne en dit is klaar iets anders. Enige kaas werk maar mozarella loop nie rerig uit as daar dalk ‘n gaatjie in die balletjie is soos Gouda of Cheddar nie. En natuurlik trek hulle sulke lekker lang drade as mens daaraan byt. Lol
2de foto: Johan Coetzee
Johan Coetzee
Wow hierdie is ń wenner probeer dit gerus vrek lekker
Daar moet seker maalvleis gebruik word en hoeveel?
Hallo Hennie
Baie dankie dat jy dit vir ons uitgewys het, ek het navraag gedoen by die lid wie se resep dit is en sal terug kom sodra ek terugvoer gekry het. Ek persoonlik sou 500g maalvleis gebruik het. Jammer vir die fout, ek laat weet so gou moontlik.
Groete
Rina
Hennie dit is bevestig dat dit 500g maalvleis is ek het die resep aangepas en hy is nou reg.. Geniet en neem vir ons ‘n foto asb?
Groete
Rina